Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) is opgewonde om die derde jaarlikse Kaapse Wynland-distrik se Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig.

Dit sal in samewerking met die Historium Trust en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) gehou word.

Hierdie geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die fenomenale vroue in die gemeenskap vier.

Die prysuitdelingseremonie word Woensdag 28 Augustus in Paarl gehou.

Benoemings vir die toekennings is nou oop, en die publiek word genooi om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland-gemeenskappe gelewer het, te benoem.

Benoemingsvorms kan van die KWDM-webwerf afgelaai word of by enige KWDM-kantoor of die Historium Trust in die Paarl afgehaal word. Jy kan ook die vorm ontvang deur ’n WhatsApp-boodskap met die teks “Phenomenal Women” na 076 017 6062 te stuur.

Voltooide vorms kan per e-pos na info@historium.co.za of per WhatsApp na 076 017 6026 gestuur word, of by die Historium Trust of enige KWDM-kantoor afgelewer word. Inskrywings sluit Woensdag 31 Julie 2024.

Vanjaar se afdelings sluit in fenomenale vroue in landbou, vroeëkinder­ontwikkeling, basiese onderwys, die NRO-/GOW-sektor, entrepreneurs, ondersteuning, bestuur, vrou van passie, die bevordering van Afrikaans en vrou met gestremdhede.

Die beoordeling sal in Augustus deur ’n paneel vooraanstaande vroue van die Kaapse Wynland gedoen word.

Die seremonie beloof om ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees, deur die erkenning en viering van die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe inspireer en ander motiveer het om na uitnemendheid te streef.

  • Besoek ook www.capewinelands.gov.za vir afdelingsbeskrywings en die bepalings en voorwaardes.

You need to be Logged In to leave a comment.