Die agtiende Amanda Coetzer-tennistoernooi het van 23 tot 25 Mei by die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein plaasgevind. Die topvyf o.13-meisiespelers van Laerskool Stellenbosch het daaraan deelgeneem en teen sewe skole van oor die land se beste spelers gekompeteer. Hulle is met ’n vierde plek beloon. Katrien Booysen, die skool se nommereen-speler, het die toekenning vir beste sportmanskap ontvang. Van links is Delia Giliomee, Katrien Booysen, Shayna Truter, Martinic Basson en Zanne Roothmaner.
Vierde by Amanda Coetzer-toernooi
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.