Vinpro bly oor druiwesap-besluit

Die wynhandelaar Vinpro verwelkom die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se besluit om voorsiening te maak vir die gebruik van druiwesap in die vervaardiging van appelwyn (alkoholiese cider).


Die wynhandelaar Vinpro verwelkom die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se besluit om voorsiening te maak vir die gebruik van druiwesap in die vervaardiging van appelwyn (alkoholiese cider).

Volgens die Staatskoerantvan 8 Julie 2022 maak regulasies kragtens die wet op drankprodukte voorsiening vir die gebruik van ander soorte vrugte as basis, insluitend druiwesap, vir die vervaardiging van appelwyn, mits minstens 75% van die vrugtebasis wat gebruik word van appels afkomstig is.

Tot nou is slegs peersap toegelaat (tot ’n maksimum van 25%) as ’n aanvulling vir appelsap in die vervaardiging van dié soort drankie.

“Ons is bly oor die besluit ná uitgebreide konsultasie met en versoeke wat Vinpro en die South African Liquor Brandowners Association (Salba) die afgelope 12 maande namens die lede aan die Wyn- en Spiritusraad gerig het,” het Christo Conradie, die Vinpro-bestuurder van wynsake, gesê.

Conradie het verduidelik die wysiging is in pas met internasionale standaarde en verseker die behoud van die gehalte van Suid-Afrika se appelwynprodukte.

Die gebruik van druiwekonsentraat in die vervaardiging van appelwyn het die potensiaal om ’n aansienlike hoeveelheid appelsapkonsentraat, wat tans hoofsaaklik ingevoer word, te vervang.

“Benewens die vermindering van die risiko en kostes verbonde aan die invoer van appelsapkonsentraat, kan vervaardigers nou broodnodige steun aan plaaslike druiweprodusente bied en sodoende help om die wynbedryf se hoë surplus – wat hoofsaaklik deur beperkings op wynverkope sedert die begin van die Covid-19-pandemie veroorsaak is – te verminder en sodoende help om die bedryf te stabiliseer.

“Met die onderhandelings oor kontraktering vir druiwesapkonsentraat, wat gewoonlik gedurende September en Oktober (voor die volgende oes) begin, kom hierdie wysiging op die regte tyd en wil ons plaaslike produsente en vervaardigers aanmoedig om betrokke te raak en die potensiële voordele van moontlike verkoopsooreenkomste te oorweeg.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.