Vlamme eis Cloetesville-gesin sy tuiste

Terwyl ’n Cloetesville-paartjie by die werk was, het hul bure hulle Donderdag (20 Julie) gebel met die nuus dat hul woning aan die brand is.


Terwyl ’n Cloetesville-paartjie by die werk was, het hul bure hulle Donderdag (20 Julie) gebel met die nuus dat hul woning aan die brand is.

Colin en Melissa Rhodes moes hulle terug na hul huis in Langstraat haas nadat ’n brand by die wendyhuis in hul agterplaas vlamgevat het.

Die brand het vinnige na die voorhuis versprei.

Brandbestryders was op die toneel om die brand onder beheer te kry, maar die huisgoed is intussen alles beskadig.

Vensters van die voorhuis het gebars en die kamers se mure is met roet bedek. Die vlamme was só warm dat ’n lamppaal in die agterplaas se gloeilamp gebars het.

Melissa vertel sy, haar man, twee seuns en haar neef woon saam. Benewens die trauma om hul besittings te verloor, was Melissa se grootste bekommernis waar almal Donderdagaand sou slaapplek kry.

Dit is onduidelik wat die oorsaak van die brand was. Die paartjie sê hulle is net bly niemand was by die huis ten tye van die brand nie.

Alles van meubels tot klere is nodig.

Cameron (16) is ’n leerder aan die Hoërskool Cloetesville en skoolklere vir die seun sal waardeer word.. Enigeen wat ’n skenking kan gee, kan Colin by 071 825 8030 of Melissa by 061 881 8363 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.