’n Ligte vliegtuig het Saterdagoggend (8 Junie) naby die vliegveld in Stellenbosch neergestort. Die ongeluk het blykbaar gebeur kort nadat die vliegtuig, met twee insittendes, opgestyg het.
Volgens inligting was die twee insittendes nie ernstig beseer in die voorval nie. Nooddienste was op die toneel om hand by te sit.