Die Vroue-Landbouvereniging (VLV) Kaapland het onlangs ’n bekenstellingstee by die Stellenbosch-tak gehou. Lede van meer as 17 VLV-sirkels het die byeenkoms bygewoon. Die lede is deur dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, toegespreek. Meyer het gesê hy is dankbaar vir die VLV en die bydrae wat die organisasie al langer as 90 jaar in die samelewing lewer. Hy het die VLV ook geprys vir die bewaring van uitgebreide argiewe en hom daartoe verbind om hulle te help om dit te digitaliseer. Op die foto is Jannie Strydom (bestuurshoof