Die eerste spanne van die Maties- en die Van der Stel-krieketklubs het ‘n perfekte naweek beleef, met oorwinnings en volpunte in hul wedstryde in die Boland-superliga.

Die Stellenbossers pronk nou boaan die punteleer van hul onderskeie groepe, met Maties wat die eerste plek in Groep A met 15 punte beklee en Van der Stel in die eerste plek in Groep B met 10 punte.

Maties het Saterdag (15 November) op die Idasvallei-sportterrein in al drie sy wedstryde – teen Coronation, Hermanus en Worcester – seges behaal, terwyl Van der Stel dit twee oorwinnings uit twee wedstryde – teen Paarl-Oos en Grabouw – op die Van der Stel-sportterrein gemaak het.

In die dag se ander westryde in Idasvallei het die Stellenbosch-krieketklub ‘n sege oor Worcester behaal, maar moes die knie buig in hul wedstryd teen Coronation.

Die komende naweek (Saterdag 22 November) word die laaste groepwedstryde weer in Idasvallei en Van der Stel gespeel. Om 10:00 in Idasvallei is Coronation teen Worcester in aksie, terwyl Stellenbosch teen Hermanus speel. Die volgende wedstryde begin om 14:00, met Coronation wat kragte meet met Hermanus en Maties wat teen Stellenbosch speel. Van der Stel speel op sy tuisveld slegs een wedstryd, wanneer hy om 10:00 teen Piketberg te staan kom.

Uitslae van die T20-wedstryde:

 Maties t. Coronation in Idasvallei:

Maties 214/1 in 20 boulbeurte: Jason Muirhead 106*, Gysbert Wege 96*; Leighton Daniels 1/40. Coronation 78/10 in 15.2 boulbeurte: Charl Cyster 25; Ryan Jairaj 4/24, Roxton Payne 3/2. Maties wen met 136 lopies.

 Van der Stel t. Paarl-Oos in Van der Stel:

Paarl-Oos 104/10 in 18.5 boulbeurte: Jevano Brown 30, Tyrese de Louw 28; Dylan Ross-Watt 3/22, Rayyaan Rhode 2/19, Werner Brand 2/13. Van der Stel 105/3 in 15.4 boulbeurte: Werner Brand 40, Andre Hanekom 32; Nathan Jacobs 1/17. Van der Stel wen met sewe paaltjies.

• Stellenbosch t. Worcester in Idasvallei:

Stellenbosch 124/9 in 20 boulbeurte: Timothy Cornellissen 20*; Brenden Henning 3/15, Adeeb Isaacs 2/31. Worcester 106/7 in 20 boulbeurte: Morné Scholtz 36, Adeeb Isaacs 32; Peter Cyster 2/24. Stellenbosch wen met 18 lopies.

• Maties t. Hermanus op Idasvallei:

Maties 103/7 in 20 boulbeurte: Christiaan Wage 37*; Raymond Nonnies 3/9, Curtley Deelman 2/25. Hermanus 70/10 in 17.2 boulbeurte: Lucas Jansen-Vuuren 25; Jason Muirhead 4/7, Christiaan Wage 3/6. Maties wen met 33 lopies.

 Van der Stel t. Grabouw in Van der Stel:

Van der Stel 182/7 in 20 boulbeurte: Rikus Brand 60, Nicholas Rieth 46; Nuwan Swartland 2/34, Jerome Adams 2/29. Grabouw 54/6 in 20 boulbeurte: Oswald Klaaste 17*; Divan Swanepoel 2/5.
Van der Stel wen met 128 lopies.


 Coronation t. Stellenbosch in Idasvallei:

Stellenbosch 85/7 in 20 boulbeurte: Brandon Layman 23; Charl Cyster 3/14, Kiano Valentine 2/20. Coronation 89/3 in 11.2 boulbeurte: Charl Cyster 26, Danico Philmon 23*; Peter Cyster 1/16. Coronation wen met sewe paaltjies.

• Maties t. Worcester op Idasvallei:

Worcester 72/9 in 20 boulbeurte: Jean Gregg 18; Roxton Payne 3/18, Ryan Jairaj 2/10, Christiaan Wage 2/24. Maties 73/2 in 11.1 boulbeurte: Marco Giaconi 27*; Brenden Henning 1/13. Maties wen met agt paaltjies.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article