Voorspoed vir almal!

Welkom terug aan almal – inwoners, studente en kliënte.


Welkom terug aan almal – inwoners, studente en kliënte.

Dit is reeds die tweede week van die nuwe jaar en ’n mens kan amper nie glo hoe vinnig verlede jaar verbygegaan het nie.

In die eerste week van die jaar het ons reeds hartseer asook blydskap beleef wat talle vrae by ons laat ontstaan.

Ons dink veral aan die familie van Jayden Andrews wat op 1 Januarie tragies in die Strand gesterf het.

Goeie nuus is egter dat Skywalker, die windhond-teef, wat van die dak van die universiteit se ingenieursfakulteit gered is, goed aansterk en nou die sorg kry wat sy verdien.

’n Klop op die skouer ook vir die verkeersdepartement met die puik werk wat hulle gedoen het om Stellenbosch se paaie veilig te hou – dat mense steeds dink hulle kan daarmee wegkom om dronk te bestuur gaan my verstand te bowe.

Die afgelope twee jaar is waarskynlik nie een wat ons weer wil herleef nie, maar met goeie keuses kan ons ’n beter 2022 hê.

Alles wat mooi is vir 2022 en mag dit ’n voorspoedige jaar vir elk van ons lesers en kliënte wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.