Vrouedag (Woensdag 9 Augustus) is behoorlik en in styl deur die Stellenbosch-landbougenootskap, in samewerking met Bell Events, gevier. Die organisasie het sy jaarlikse vrou-tee-oggend by die Doornbosch-saal aangebied. Die doel van die spoggeleentheid is om erkenning te gee en dank uit te spreek aan vroue in die primêre landbousektor, wat op dié manier ’n belangrike rol in die landelike gemeenskappe vervul. Die oggend is bygewoon deur 84 vroue van plase in die Stellenbosch-omgewing, insluitend Bonfoi, Beyerskloof, Fransmanskraal, Hartenberg, Klein Welmoed, Keermont, Sonop, Middelvlei, Vergelegen, Vilafonté, Waterkloof en die Weltevrede-kwekery. Die Stellenbosch-landbougenootskap het sy dank en waardering aan die organiseerders – Dililah Cupido van Middelvlei, Baronese Claasen en Bell Events – wat grootliks tot die sukses van die geleentheid bygedra het, uitgespreek.Foto: Francois Lombard


Vroue se bydrae in landbou gevier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article