Groot-Drakenstein se polisiediens en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het vandeesmaand lede vir die Community in Blue-afdeling en die slagoffer-vriendelike kamer gewerf om polisiebeamptes by te staan. Die vrywilligers sal lede van die publiek bystaan wat deur geslagsgeweld geraak is en ook met misdaadvoorkomingsoptredes help. Van links is sers. Julian Martin, Joswin Pietersen, Gert Swartz, AO Colin Adams, Julia Tukwayo, Deano Swartz, Elton Martin, Neil du Plessis, Louise Massias, sers. Charlene Pietsersen, Granville Malgas en Sharon Arendse.