Devonvallei Primêr-verteenwoordigers was Monique Dampies, Aydin Arendse (skoolhoof) en Blaine Pietersen.Foto:


Meer as 1,5 miljard mense ly aan grondoordraagbare voetinfeksies, wat deur die regte paar skoene en kouse voorkom sou kon word. Kinders wat die winter kaalvoet moet aandurf, het ’n groter gevaar vir bevriesing (frostbite) en talle ander voetinfeksies. Nogtans besit meer as 600 miljoen mense wêreldwyd nie ’n enkele paar skoene nie.

Daarom het Radio Kaapse Kansel sy platform gebruik om luisteraars bewus te maak van die groot nood in die plaaslike omgewing deur die #WinterWarmerSocksThatRock-veldtog in samewerking met Samaritan’s Feet SA te reël.

Kaapse Kansel kon deur die #WinterWarmerSocksThatRock-veldtog saam met hul getroue luisteraars en skenkings van ander organisasies bydra tot die insameling van 9 828 splinternuwe sokkies wat menige voetjies hierdie winter gaan warm hou.

’n Spesiale oorhandiging aan Samaritan’s Feet se uitvoerende hoof, Hermien Louw, en Marietta Hopley is Dinsdag 27 Junie by Kaapse Kansel se kantoor gedoen. Die oggend was ook ’n dag van opwinding vir paar leerders van Devonvallei Primêr en Sir Lowry’s Pass Village, wat buiten ’n spesiale voetwas- en bidsessie saam met van die omroepers van Kaapse Kansel ook sommer ’n opvoedkundige toer van die uitsaai-ateljee en opnameproses ontvang het.Vir meer inligting besoek www.capepulpit.co.za of stuur ’n e-pos-navraag na info@capepulpit.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.