Namate die warm somerseisoen nader, raak dit al hoe belangrike om voorberei te wees!
Oktober was Ramp-risikovermindering-maand en gegewe die impak van klimaatsverandering, voorspel kenners dat somers die warmste nog sal wees. Dit is waarom die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, tesame met plaaslike munisipaliteite in die streek, ’n leersame bewusmakingsvideo saamgestel het om inwoners te help om hulself en hul geliefdes veilig te hou.
Die distriksmunisipaliteit se gelukbringer, Lenny die Luiperd, is hier om te help en om noodsaaklike wenke te deel oor hoe om sonsteek te verhoed en die gemeenskap aanmoedig om verantwoordelik op te tree om die risiko van veldbrande te vermy.
Almal moet hierdie somer Lenny-slim wees deur sy raad vir veiligheid te volg!
Kyk die volle video op Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit se webwerf en help om die boodskap te versprei!
#BeLennyWise