Die misdaadtoneel in Schoongezichtstraat in Wellington waar een persoon doodgeskiet is. Foto: Wellingtoners/ Facebook

’n Rustige Saterdagmiddag was in Schoongezichtstraat in Wellington onderbreek toe ’n geweerskoot deur die woonbuurt weergalm het. Een persoon is tydens die voorval dood, en ’n tweede, glo ‘n vrou, het na bewering ernstige beserings opgedoen.

Kol. Johan Barkhuizen, ‘n woordvoerder vir die Wellington-polisie, het die insident bevestig.

Paarl Post verneem vertroulik dat ‘n polisieman, na bewering, op beide sy meisie en ‘n manlike persoon geskiet het. Die manlike persoon is dood op die toneel.

Teen publikasietyd was dit nog onduidelik aan watter polisiekantoor die verdagte polisielid verbonde is.

Die ondersoek duur voort met geen arrestasies wat gemaak is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article