Die somervakansie is gewoonlik ’n tyd van familiebesoeke, braai, lang middagetes en mense by jou huis onthaal. Met dié samekoms is daar ook gewoonlik baie huisskoonmaak-sessies – jy wil nie hê jou ma moet die stof wat in die hoek ophoop sien nie.
“Die vakansieseisoen gaan oor ontspan, rustigheid en die geselskap van vriende en familie geniet. Hierdie byeenkomste is pret en ons sien altyd uit daarna, maar wanneer die realiteit dat jy voor en na die samekoms die huis moet skoon maak, kan jy gestres en gehaas voel,” het Bronwyn Ragavan, handelsmerkbestuurder van Personal Touch gesê.
Sy het ’n paar stappe gedeel om die skoonmaak proses voor jou gaste opdaag te vergemaklik en minder stresvol te maak – en jou huis silwerskoon en higiënies te hou:
- Beplan vooruit: Om al die skoonmaak vir die dag van die groot samekoms te los sal net tot meer stres lei. Daar is takies wat nie op die dag gedoen moet word nie: maak die oond ’n paar dae voor die tyd skoon; die skoonmaak en voorbereiding van die eetgerei en breekware vir middagete kan die aand voor die geleentheid gedoen word; en vensters kan ’n paar dae voor die tyd gewas en blink gevryf word.
- Verdeel en oorwin: Skoonmaak is ’n taak waarin die hele familie moet deel. Gee vir elke gesinslid ’n aangewysde taak – dit kan deur die loop van die dag verander, afhangend wat gebeur. Byvoorbeeld, jou seun kan voor jou gaste opdaag vir die vloere verantwoordelik wees; dan kan hy ook die tafel dek en ná ete afdek; en weer ná die gaste huis toe is, die vloere skoonmaak. Moenie bang wees om te delegeer nie.
- Maak wyse keuses: Kies ’n produk wat vir meer as een taak geskik is. Dit elimineer op en af ná die kas met die skoonmaak produkte stap en spaar tyd. Hierdie produkte kan op menige oppervlaktes gebruik word en help jou om met gemak jou huis skoon te hou.
- Pak onmiddellik weg: Wanneer jy iets uit sy plek haal om te gebruik, plaas dit onmiddellik terug. Jy sal verbaas wees om te sien hoe jou huis skielik netjieser lyk as jy dié taktiek gebruik, en minimale skoonmaak word gedoen.
- Sorteer jou wasgoed uit: Ná ’n dag van kuier, feesvier en eet, is daar gewoonlik hope wasgoed soos klere, tafeldoeke, servette en swem handdoeke onder andere. Gebruik ’n wasmiddel wat die eerste keer die werk sal verrig.
- Maak skoon soos jy gaan: Leer die gewoonte aan om agter jouself op te ruim. Maak jou kamer netjies voor jy gaan slaap en maak jou bed op sodra jy wakker word. Maak die kombuistoonbank skoon nadat jy klaar is met jou maaltydvoorbereiding en gereed vir die volgende dag. Vuil breekgoed en eetgerei moet nie in die wasbak gelaat word totdat dit moeiliker en te veel is om later te was nie.
“Die vakansieseisoen moet stresvry en ontspannend wees. Om oor dinge soos skoonmaak te stres kan vermy word as jy voorbereid is en goeie produkte wat jou ’n hupstoot gee, gebruik,” het Ragavan afgesluit.