Die Desember-vakansie is op hande en die Stellenbosch-polisie waarsku inwoners en besoekers om bedag te wees en deel hierdie veiligheidswenke vir die vakansie.
Algemene wenke
. Wees bewus van jou omgewing. Bly waaksaam in besig plekke soos winkelsentrums, markte en staanplekke vir openbare vervoer.. Beperk kontant en moenie met waardevolle artikels rondloop nie.
. Gebruik digitale betalingsgeriewe waar moontlik en vermy die vertoon van duur artikels soos juweliersware of fieterjasies soos selfone of draagbare rekenaarspeletjies.. Beveilig jou besittings deur sakke toe te hou en nie beursies in jou voorsakke te plaas nie.. Moenie groot bedrae kontant by jou hou nie.. Kies veilige liggings deur slegs OTM’s in goed beligte besige gebiede – verkieslik binne-in banke of winkelsentrums – te gebruik.. Wees wakker en kyk rondom jou vir verdagte individue of aktiwiteit voordat jy die OTM nader.
Veilig tuis . Sluit deure en vensters deur seker te maak alle toegangspunte van jou woning is toe en gesluit – veral wanneer jy uitgaan of snags.. Gebruik ligte en alarms deur bewegingsensorligte aan te skaf en sekuriteitstelsels om indringers af te skrik.. Vra jou bure om die ligte van jou huis aan en af te skakel as jy vir ’n lang tydperk van die huis af weg is.
Veilig wanneer jy die pad vat
. Parkeer in goed beligte gebiede.
. Maak seker dat jou voertuig gesluit is en moenie waardevolle besittings binne sigbaar te laat.. Beplan jou roete. Hou by hoofpaaie en vermy afgesonderde gebiede, veral in die nag.. Moenie drink en bestuur nie! Ry saam met iemand of wys ’n nugter bestuurder aan.
Aanlyn inkopies
. Koop op veilige webwerwe. Soek “https://” en vermy verdagte skakels.. Wees versigtig vir swendelary deur transaksies te vermy wat te goed lyk om waar te wees en moenie persoonlike inligting deel nie.. Monitor jou bankrekeninge deur jou bankstate na te gaan vir enige ongemagtigde transaksies.
Gemeenskapsbewustheid
. Meld verdagte aktiwiteite in en om die buurt aan. Kontak die owerhede as jy ongewone of verdagte gedrag in jou woonbuurt opmerk.. Deel inligting. Leer familie en vriende om veilig te bly.. Gebruik die “buddy-stelsel”. Indien moontlik, koop of reis saam met iemand wat jy vertrou.
Die Stellenbosch-polisie se kontaknommers is soos volg – operasionele kantoor: 021 809 5012 of 021 809 5015, of 082 522 1912.
Hou hierdie nommers byderhand in geval van noodgevalle:
- Stellenbosch-wetstoepassing: 021 808 8890
- Stellenbosch-brandweer: 021 808 8888
- Polisie “flying squad” : 10111
- Ambulansdienste: 10177
- Selfoonnoodnommer: 112
- Ramprisikobestuursentrum: 080 911 4357 (HULP)
- Gif-inligting Hulplyn van die Wes-Kaap: 0861 555 777
- Childline: 116
- Lifeline: 021 461 1113