PRG-matrieks se werk met string A’s beloon

Paul Roos Gimnasium se matriekleerders van 2023 het Vrydag (19 Januarie) hul nasionale senior sertifikaat (NSS)-uitslae by die skool afgehaal en dié groep sal onthou word vir hul harde werk en goeie uitslae wat daarmee gepaard gegaan het.


Paul Roos Gimnasium se matriekleerders van 2023 het Vrydag (19 Januarie) hul nasionale senior sertifikaat (NSS)-uitslae by die skool afgehaal en dié groep sal onthou word vir hul harde werk en goeie uitslae wat daarmee gepaard gegaan het.

Die skool pronk met 64 leerders wat ’n gemiddelde van 80% en hoër ontvang het. Die skool se Dux-leerder vir 2023, Jo van Rooyen, het ’n gemiddelde van ’n allemintige 94,67% behaal.

Die klas pronk verder met 555 vak-A’s en ’n 94%-matrikulasievrystelling.

Die leerders met agt A-simbole en meer is Pieter de Kock (9); Nicolas Smit (9); Gert Smit; Jo van Rooyen; Wian Cilliers; Eben Halford; Cosmo Enthoven en Paul Enthoven.

’n Kykie na die klas van 2023

  • Aantal leerders bo 90% = 10 (teenoor 14 in 2022)
  • Aantal leerders bo 80% = 54 (41)
  • Aantal leerders bo 70% = 60 (60)
  • Totale A-gemiddeldes = 64 (55)
  • Aantal leerders met sewe A’s = 19 (17)
  • Aantal leerders met agt A’s = 6 (7)
  • Aantal leerders met nege A’s = 2 (2)
Die top-25 gr.12-leerders is:

1. Jo van Rooyen 94,67%

2. David Chemaly 93,83%

3. Nicolas Smit 92,17%

4. Cosmo Enthoven 91,67%

5. Markus van Aswegen 91,50%

6. Paul Enthoven 91,17%

6. Jamie Kersting 91,17%

8. Daniël Sutherland 90,33%

8. Simon Odendaal 90,33%

10. William Louw 90,17%

11. Norman Celliers 89,67%

12. Wian Cilliers 89,50%

13. Benjamin van Onselen 89,17%

13. Steph Venter 89,17%

13. Alexander van der Merwe 89,17%

16. LJ Schmidt 89,00%

17. Pieter de Kock 88,50%

18. Echard de Kock 88,33%

19. Heinrich Nel 88,17%

20. Hattingh Nel 88,00%

21. Eben Halford 87,83%

22. Theodor Andrag 87,50%

23. Gert Osborne 87,17%

24. Joshua Jonker 86,50%

25. Johann van der Merwe 86,17%

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.