Werksessies in Pniël bekyk stamboom-navorsing

Werksessies bekyk stamboom-navorsing


Twee genealogie-werksessies – met die tema “Hoe om jou stamboom na te vors en vas te lê” – is hierdie winter by die Pniël Congregational kerk gehou. Die fasiliteerder was dr. Eleanor Damon, ’n boorling van Pniël en ’n genealoog en navorser. Die Pniël Erfenis- en kultuurtrust (PEKT), deur sy voorsitter Janine Myburgh, het die werksessies aangebied en 20 beginner-navorsers van dié gemeenskap genooi om deel te neem. Die hooffokus van die werksessies was om die gemeenskap met hul slawegeskiedenis te verbind. Die eerste werksessie, wat Saterdag 15 Julie gehou is en deur dié groep bygewoon is, het op die teoretiese en metodiese onderbou van genealogie gefokus.Foto:

By die tweede werksessie die afgelope Saterdag (12 Augustus) het die navorsers die vindings van hul tasbare sowel as hul nietasbare erfenis bekendgemaak. Die Stellenbosse digter Gameeda Henry het ook haar kennis en ervaring met die druk van familieregisters met die deelnemers (foto) gedeel. Damon het ook verduidelik dat die pad om hul slaweherkoms te ontdek, voorlê en dat hulle talle uitdagings sal teëkom. Die gasspreker, ds. Calvin van Wijk, het oor die belangrikheid van mondelikse geskiedenis gepraat en genoem dat die stories van ons voorvaders krities is om die versteekte slawe-erfenis te ontdek. Laasgenoemde sal in die toekoms die fokuspunt van verdere navorsing deur PEKT wees.Foto:
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.