Spieëltjie spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste baba in die Dal? Die Aan-Het-Pad-kliniek in Cloetesville hou op 28 Oktober sy heel eerste babakompetisie, en mammas met kleingoed word genooi om hul babas in te skryf.
Die kompetisie is slegs vir kinders 18 maande en jonger van Cloetesville. Geen inskrywing van babas uit ander gebiede word toegelaat nie.
Inskrywings is gratis en vorms kan by die kliniek afgehaal word. Inskrywings sluit Vrydag 21 Oktober.