Die ACVV Azaleahof-dienstak is bevooreg om sewe jonk-van-gees-inwoners te hê wat vanjaar 90 jaar jonk word. Hulle is deel van die 29 inwoners van dié Stellenbosse tehuis wat tussen 90 en 104 jaar oud is. “Ons almal is bevoorreg en dankbaar vir die goeie sorg hier in Azaleahof deur die bestuur en personeel wat meedoen dat ons ons selfstandig, gesond, veilig en gelukkig elke geseënde jaar voluit volgens ons vermoë kan geniet,” het een van die inwo- ners, Siertske van Wyk, gesê. Die inwoners wat vanjaar hul 90ste verjaarsdag vier (van links agter) is Flos Rautenbach, Antoinette Conradie, Pieter Thiel en John Murray; (voor) Dawie Schneider, Tossie Engelbrecht en Piet Bredell.

Die ACVV Azaleahof-dienstak is bevooreg om sewe jonk-van-gees-inwoners te hê wat vanjaar 90 jaar jonk word. Hulle is deel van die 29 inwoners van dié Stellenbosse tehuis wat tussen 90 en 104 jaar oud is. “Ons almal is bevoorreg en dankbaar vir die goeie sorg hier in Azaleahof deur die bestuur en personeel wat meedoen dat ons ons selfstandig, gesond, veilig en gelukkig elke geseënde jaar voluit volgens ons vermoë kan geniet,” het een van die inwoners, Siertske van Wyk, gesê. Die inwoners wat vanjaar hul 90ste verjaarsdag vier (van links agter) is Flos Rautenbach, Antoinette Conradie, Pieter Thiel en John Murray; (voor) Dawie Schneider, Tossie Engelbrecht en Piet Bredell.

You need to be Logged In to leave a comment.