Willem de Waal, die top-tennisspeler van Paul Roos Gimnasium, het onlangs aan die ITF J60 internasionale tennistoernooi in Botswana deelgeneem.
Die ster tennisspeler het as die tweede gekeurde die enkelspel- en die dubbelspeltitel saam met Bogdan Mandic van Grey College verower. In die enkelspel het Willem die eerste gekeurde Jeffrey Strydom van Australië 6/4 en 6/3 in die eindstryd gewen. Hy het vanjaar 15 ITF-enkelspelwedstryde gespeel en slegs een verloor. In die laaste vyf ITF-toernooie, het Willem 24 oorwinnings behaal en slegs een wedstryd verloor.