Wings of Love & Hope help leerders met ID’s

Wings of Love & Hope help leerders met ID’s

’n Inisiatief om matrikulante sonder ’n identiteitsdokument (ID) te help, is onlangs deur Wings of Love & Hope (WLH) by die Hoërskool Cloetesville van stapel gestuur. Die projek is begin nadat die WLF die departement van binnelandse sake genader het om hulp te bied deur sy mobiele eenheid na skole met matrikulante sonder ID’s te stuur. “Die probleem is dat mense ure lank by die departement van binnelandse sake in rye staan om hulp te kry, en net beperkte hulp is elke dag beskikbaar. Dit het daartoe gelei dat leerders skoolwerk misloop en dat ouers en leerders soms vroeg in die oggend in rye staan. Baie leerders het nie vervoer of geld om die departement te besoek nie, en daarom het ons hierdie inisiatief begin,” het Stephanie Heneke van WLH gesê. Sy voeg by dat die Hoërskool Cloetesville tot dusver die enigste skool is wat positief op die inisiatief gereageer het en doen ’n beroep op ander skole om daarby aan te sluit.Foto:

Credit: SYSTEM

Wings of Love & Hope help leerders met ID’s

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.