Die winterweer is op pad en die Stellenbosch-munisipaliteit deel die volgende wenke vir inwoners om hierdie winter veilig te bly:

• Inwoners word gemaan om nie vure te maak en dan sonder toesig te los nie.

• Moenie minderjariges sonder toesig alleen tuis los nie.

• Moenie petrol of paraffien gebruik om ‘n vuur aan te steek nie.

• Doof alle vure en kaggelvure heeltemal uit voordat u gaan slaap.

• Skakel verwarmers af voordat u gaan slaap.

• Moenie klere oor verwarmers gooi om droog te word nie.

• Vermy elektriese oorlading van muurproppe of veral verlengkoorde.

• Vermy oop vure naby strukture – veral in winderige toestande.

• Skakel alle elektriese toebehore voor en tydens beurtkrag af.

• Moenie in die bed rook nie.

• Sit kerse in stewige houers en maak seker alle kerse is dood voordat u gaan slaap.

You need to be Logged In to leave a comment.