Jak de Priester se Hartkamer is deel van die Drostdy-teater se witwarm Julie-winterfees.


Die Winterfees is hier – die Drostdy-teater hou weer hierdie Julie winterfees.

Die kaggel sal weer aangesteek word in die “Upstage Lounge” en gaste sal met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ’n glas wyn bederf word.

Onderdakruimtes is onlangs by die teater gevoeg om te verseker dat die reënerige, koue dae wat voorlê, ook ’n warm, droë en huislike atmosfeer vir gehore en kunstenaars kan bied.

’n Heerlike wintergereg met ’n glas pas-rooiwyn is by die prys ingesluit.

Die winterfees duur van 17-24 Julie en die gaskunstenaars is:

 Koos Kombuis bied aan Kuier met Koos Woensdag (17 Julie) met ete vanaf 18:00 en die vertoning om 20:15.

Richard van der Westhuizen is Terug in die lug op Donderdag (18 Julie). Ete word om 18:00 voorgesit en die vertoning is om 20:15.

Jak de Priester se Hartkamer is Vrydag (19 Julie) te sien. Die ete is van 18:00 en Jak se vertoning begin om 20:15.

Saterdag (20 Julie) is dit Frank Opperman se beurt met Reünie. Die vertoning begin om 20:15, met ete wat van 18:00 voorgesit word.

Winand Grundling bied Sondag (21 Julie) A Victor Borge Tribute aan. Die ete word van 13:00 voorgesit met die vertoning wat om 15:00 begin.

Die Ramon Alexander Trio met Leslie Kleinsmith Leslie se vertoning is Maandag (22 Julie).

Die ete word om 18:00 voorgesit en die vertoning begin om 20:15.

Dinsdag kan die gehoor gereed maak vir Elvis Blue (23 Julie). Die ete by die teater word van 18:00 voorgesit en die musiek begin om 20:15.

Woensdag (24 Julie): Anna Davel bied aan haar Ver van hier met ete van 18:00 en Anna wat om 20:15 met haar vertoning begin.

  • Kaartjies is teen R350 per persoon by Webtickets te koop of kan by Pick n Pay se Moneymarkets oor die toonbank gekoop word.

You need to be Logged In to leave a comment.