“ ? Ryk woordeskat gevul met woorde met betekenis sal nuwe wêrelde vir ? kind oopmaak.”

Só sê Fiona van Kerwel, projekbestuurder van Woorde Open Wêrelde (WOW), ? maatskaplike bemagtigingsinisiatief van die Toyota US Woordfees.

WOW vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. In dié twee dekades het dit die lewe verander van duisende kinders én hul onderwysers wat deelneem aan WOW se verskeie aksies om taal, letterkunde en die kunste te bevorder.

Voorts is die deure van hoër onderwys geopen vir studente van benadeelde skole met min hulpbronne, wat ? hupstoot nodig gehad het om te glo dat hulle ook universiteit toe kan gaan.

Talle van daardie leerders het onderwys gaan studeer en na WOW teruggekeer met hul eie groep leerders wat gretig was om meer oor woorde en kultuur te leer.

Die Noord-Kapenaar Darwood Goeiman was in 2013 as ? gr. 10-leerder deel van die WOW-program en is tans ? gr. 12-onderwyser aan die Scottsdene- Sekondêre Skool in Kraaifontein. Goeiman sê hy motiveer sy leerders en moedig hulle aan om aan WOW se inisiatiewe deel te neem.

“Woorde kan nie beskryf wat WOW vir my beteken het nie. Selfs in my moeilikste tye was die mense van WOW altyd gewillig om te help.” Volgens hom is die inisiatief veral voordelig vir kinders wat dit andersins moeilik sou vind om by die US in te kom.

Oor voormalige WOW-deelnemers wat later opvoeders en mentors geword het, sê Van Kerwel: “Ons bou ? netwerk van leiers wat hierdie projek ’n sukses maak.”

Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees en WOW, beaam dit: “WOW open wêrelde en deure – nie net vir leerders en opvoeders nie, maar vir hele gemeenskappe. WOW skep ook ’n unieke nuwe gemeenskap wat ondersteun en ondervang, maar ook inspireer en vier.”

Die wonder van taal

WOW stel kinders aan die wonder van taal bloot deur projekte en aktiwiteite wat dwarsdeur die jaar plaasvind. Dit sluit skoolbesoeke in deur die outeurs van voorgeskrewe boeke of bekende musikante of akteurs wat gedigte/stories voorlees, asook debatfeeste, kuns- en kultuurfeeste, leeskringe, kreatiewe skryfwerksessies en die gewilde Sanlam WOW-spelfees.

Maar dit stel ook talle kinders wat nie andersins verdere studie sou oorweeg nie aan die US bekend. Talle WOW-deelnemers word later eerstegenerasie-studente aan die US, waar hulle voortgesette steun van die WOW-span ontvang.

WOW-personeellede besoek skole van Februarie tot November elke jaar om raad oor loopbaankeuses te gee en voornemende studente aan te moedig om aan die US te studeer. Skole in die Stellenbosch-omgewing het die US se Opedag op Saterdag 6 Mei as spesiale gaste van WOW en as deel van die WOW-dag vir gr. 12-leerders besoek.

Die Skoolmediaprojek moedig leerders aan om nuus “vir kinders deur kinders” te skryf. Vir talle van hulle is dit die eerste keer dat hulle hul gedagtes en idees verwoord.

Gr. 11-leerders by die Woordfees woon akademiese werksessies en inligtingsessies oor verdere studies by. Die onderwysers of opvoeders woon ook ? forumbespreking oor opvoedkundige onderwerpe by. Die WOW-span maak seker dat kinders wat die fees bywoon en van so ver as Beaufort-Wes kom, vervoer en kos het terwyl hulle in Stellenbosch is.

Danksy die steun van die Atterbury-trust kan WOW finansiële steun verleen aan verdienstelike leerders en geregistreerde studente wat van Beaufort-Wes en omringende distrikte na die US kom.

Grootste spelfees

Die Sanlam WOW-spelfees vir gr. 1- tot gr. 10-leerders met Afrikaans, Engels of Xhosa as huistaal is ? hoogtepunt op die WOW-kalender. Dit is tans die grootste spelfees in die land waaraan meer as 600 skole in al nege provinsies deelneem. Die eindronde word by die US gehou en bied aan deelnemers die geleentheid om te sien watter studie-opsies beskikbaar is.

Die debatfees, wat kinders van ? verskeidenheid van skole in staat stel om oor aktuele sake in gesprek te tree, is ook gewild. “Hierdie geleentheid toon aan kinders van skole met min én met baie hulpbronne dat hulle ? platform het om hul potensiaal ten toon te stel en te ontwikkel. Leerders kan opstaan en hul stem laat hoor en redeneer met leerders wat dalk meer ervaring in debatkompetisies het,” sê Van Kerwel.

Ander projekte sluit WOW Juniors in, wat akademiese steun aan belowende gr. 10- en gr. 11-leerders bied, veral in tale en geesteswetenskappe.. Die Woordfees is deel van die US se Afdeling Sosiale Impak en Transformasie.. Die Toyota US Woordfees vind vanjaar van 7 – 15 Oktober plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.