Inwoners en feesgangers kon vanjaar die Toyota US Woordfees weer in lewende lywe ervaar, nadat dit in 2021 weens die Covid-19-pandemie nie fisiek kon plaasvind nie.
Die fees het ook in 2021 geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse kunstefees te word wat op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 10 Oktober op DStv-kanaal 150 uitgesaai.
Die Woordfees in die universiteitsdorp het Stellenbosch in die Wes-Kaapse wynlande in ’n warrelwind van energie en kreatiwiteit verander waar kunstenaars, gehore en die gemeenskap mekaar vind in ’n vreugdevolle viering van boeke, skrywers, teater, musiek, kuns, dans, diskoers en films.
Die Woordfees TV is ook vanjaar in Julie aangebied, gevolg deur ’n fees wat verlede week, 10 tot 16 Oktober, plaasgevind het.