Jong musiektalent neem hierdie Saterdag (31 Mei) die kollig in op die verhoog van die Endler-saal met die Winelands Filharmoniese Orkes (WPO) se Emerging Vintages-konsert as deel van die Endler-konsertreeks en ter viering van die uitstaande musikale jeug van Suid-Afrika. Hierdie spesiale aand, wat die WPO se driejarige reis herdenk, bied ‘n verhoog aan uitsonderlik talentvolle jong soliste wat saam met die orkes optree, insluitend (van links) Ricardo Hiniker, Gilah Kellner, Chanda Lupambo, Reghardt Kühn (dirigent), Wilmar Niehaus, Ying-Shan Tseng en Christine van Niekerk. Die program sluit ook Jean Sibelius se “Simfonie No. 1” in – ‘n werk gevul met dramatiese intensiteit, aangrypende melodieë en Nordiese intensiteit. Die konsert begin om 19:00 en kaartjies, teen R280 elk, kan aanlyn deur Webtickets bespreek word.

You must be logged in to post a comment.