Wynland staan kinderhospitaal by

Vier toegewyde stappers van die Kaapse Wynland-distrik het begin met ’n reis van meer as 2 200 km – die “Heal our Children”-marathon.


Vier toegewyde stappers van die Kaapse Wynland-distrik het begin met ’n reis van meer as 2 200 km – die “Heal our Children”-marathon.

Die doel is om geld in te samel en bewustheid oor die Rooikruis Gedenkhospitaal vir Kinders te skep. Die marathon het in Richardsbaai begin en sal in Kaapstad eindig.

Malcolm Johnson (65), stigter van die inisiatief, Franklin Peceur (50), Rudolph Williams (66) en Brian Daniels (52) stap deur vyf provinsies en ongeveer 36 dorpe en stede. Drie van die manne is inwoners van die Stellenbosch-munisipale omgewing. Johnson is van Pniël, en Peceur en Williams is van Kylemore.

Na afloop van hul staptog in Stellenbosch op 14 Junie het raadslid Minnie Petersen van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) die lopers ontvang en verversings aangebied. Sy het hulle bedank dat hulle dié inisiatief aangepak en letterlik die ekstra myl geloop het.

’n Geldelike bydrae is namens die KWDM se raadslede en werknemers gemaak. Alle geld wat ingesamel word, sal geskenk word as ’n bydrae tot die oprigting van ’n toegewyde ortopediese eenheid by die Rooikruis Gedenkhospitaal vir Kinders.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.