Wynlande se topmatrieks vereer

“Dit is ’n voorreg om vanaand voor julle te staan terwyl ons voortreflikheid, toewyding en die onwrikbare strewe na sukses in onderwys vier,” het dr. Elna von Schlicht, die burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM), Donderdag


“Dit is ’n voorreg om vanaand voor julle te staan terwyl ons voortreflikheid, toewyding en die onwrikbare strewe na sukses in onderwys vier,” het dr. Elna von Schlicht, die burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM), Donderdag 6 Februarie by die Paarl-stadsaal in haar toespraak by die KWDM-prysuitdeling­seremonie vir toppresteerders aan die matriekklas van 2024 gesê.

“Die prestasies waaraan ons vanaand erkenning gee, is nie net individuele oorwinnings nie, maar ’n bewys van die verbintenis van ons skole, onderwysers en gemeenskappe om ’n beter toekoms vir ons jongmense in dié distrik te skep. Elke leerder wat vandag hier sit, behoort te weet dat ons ongelooflik trots is op julle. Julle is die toekomstige leiers, innoveerders en veranderingmakers van ons streek.”

Die jaarlikse seremonie het die prestasies van matrikulante in die distrik vereer.

Die pryswenners van skole in die Stellenbosch-gebied was Kodi Calvert (Hoërskool Lückhoff), Athule Lusithi (Hoërskool Makupula), Ruby Cochrane (Stellenbosch Waldorf-skool), Marco Pietersen (Stellenzicht Sekondêr), Lance Carolissen (Hoërskool Franschhoek), Kwakhanya Lenyana (Hoërskool Kayamandi), Sophia Botha en Helena du Plessis (Hoër Meisieskool Bloemhof), Keanu Meyer (Paul Roos Gimnasium), Tamia Phillips (Groendal Sekondêr), Lea Stanford (Rhenish Girls’ High), Tatum Ferrier (Hoërskool Stellenbosch), Bruinice Thomas (Hoërskool Kylemore) en Chalene Steyn (Hoërskool Cloetesville).

Elke leerder het ’n beduidende studiehulptoewysing van R20 000 ontvang wat direk na hul onderskeie instansies of kursusse oorgeplaas sal word.

Twee Paarlse opvoeders het ook spesiale burgemeestertoekennings van Von Schlicht ontvang.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.