Wynlandgoed reik uit na toekomstige presteerders

Altesaam 50 minderbevoorregte leerders in die Stellsorg-diensgebied is die begunstigdes van splinternuwe skooltasse en skryfbehoeftes.


Altesaam 50 minderbevoorregte leerders in die Stellsorg-diensgebied is die begunstigdes van splinternuwe skooltasse en skryfbehoeftes.

Die Alluvia-wynlandgoed het die ruim skenking aan Stellsorg gedoen om sy deel te doen vir die ondersteuning van die opvoeding van die jongelinge wat akademies in Stellenbosch en omgewing presteer.

Die tasse is volgens ouderdom opgemaak en bevat boeke, penne en potlode, pennesakkies en ander skryfbehoeftes soos leerders in dié ouderdomsgroep benodig. Die 50 leerders is al in November aange­wys.

“Ons sou aanvanklik op 16 Desember ’n Kerspartytjie vir die kinders gehou het, maar dit het gereën en ons kon dit nie doen nie, toe besluit ons om ’n ‘Back to school’-projek aan te pak,” het Gregory Young, die landgoed se gaste-kommunikasiebestuurder, gesê.

“Ons wil in gemeenskappe wat die hulp nodig het, uitreik, maar ons wil tien uit die 50 identifiseer wat Alluvia in die toekoms kan help. Ons wil hul skoolfonds betaal, ’n mentorskap­pro­gram begin en nog meer met hulle doen om te kyk hoe ons hul lewe kan beïnvloed en verander.

“Alles is moontlik gemaak deur Mike en Maureen Russon, die eienaars van Alluvia, wat werklik ’n omgeehart vir die gemeenskap het.”

Die kinders – almal tussen vyf en 17 jaar oud – is van Khayamandi, Kylemore, Pniël, Cloetesville en Idasvallei. Van hulle is Maandag 17 Januarie by die Alluvia-restaurant met ontbyt bederf.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.