Elzabé Zietsman vertolk die rol van Helena in die eenvroutoneelstuk Routrip.


Die bekroonde aktrise Elzabé Zietsman is Saterdag (3 Februarie) op die verhoog van die Drostdy-teater in die eenvroutoneelstuk Routrip te sien.

Die verhoogstuk, uit die pen van Johann Slabbert, vertel die storie van Helena, wat ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-goed, wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog – pak.

Met niks om te verloor nie, begin Helena se tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense en geliefdes afskeid te neem.

Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en – op die oog af – sorgeloos.

Zietsman is benoem vir ’n Woordtrofee vir die beste prestasie in ’n solostuk vir haar spel in Routrip by die 2023 Toyota US Woordfees.

Die veelsydige aktrise het oor die jare in byna alle mediums van die vermaaklikheidsbedryf gewerk – op die verhoog, in rolprente en televisie, as sjef, sanger, TV-aanbieder en meer.

) Routrip is om 20:15 by die teater in Stellenbosch te sien. Kaartjie pryse beloop R200 per persoon. Bespreek jou plek aanlyn deur Computicket.

You need to be Logged In to leave a comment.